Die Amerikaanse vroue sokker legende, Alex Morgan, het haar stewels finaal opgehang na ’n lang en roemryke loopbaan.

Morgan het haar laaste wedstryd Sondag vir die San Diego Waves gespeel alhoewel haar span met 1 – 4 vasgeval het.

Die Amerikaner se internasionale loopbaan het oor 14 jaar gestrek en waar sy 123 keer in 224 wedstryde die agterkant van die doelhok kon vind.

Sy was ook in 2015 en 2019 deel van haar land se wêreldbeker wenspanne en bekend geword van die veld ook af waar sy haar beywer het vir gelykheid in vroue- en mansport.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×