Manchester United se grootbaas Ruben Amorim moet besluit of hy Andre Onana gaan herroep vir Donderdag se Europaliga-kwarteindstryd teen Lyon ná diè doelwagter se duur foute in die gelykop-uitslag van 2 – 2 in die eerste been van die uitspeelwedstryd verlede week.
Die mening van United ondersteuners is steeds verdeel oor diè Kameroense Internasionale speler se vermoë met die handskoene aan terwyl ’n voormalige spanmaat en middelveld speler Nemanja Matic wat nou vir Lyon uitdraf Onana beskryf as een van die “swakte doelwagters” in die Rooi Duiwels se geskiedenis.
Met United se seisoen wat in die weegskaal hang en Lyon wat gevaarlik lyk kan Amorim se oproep na Old Trafford ‘n beslissende een wees.
Diè wedstryd skop om 21:00 (SA Tyd) af.