SOKKER – Dit was ’n kwessie van naby maar tog so ver toe Marokko nie oor die finale hekkie kon spring nie en teen die die verdedigende kampioen Frankryk vasgeval het met ’n telling van 2 – 0.
Marokko wat ook die eerste Afrika span was om die halfeindronde te haal het alles in die stryd gewerp om die Franse te ontsenu maar die Les Bleus het gewys dat hulle ’n professionele eenheid is wat nie sommer hul titel op ’n skinkbord gaan weggee nie.
Frankryk wat ook die eerste verdedigende kampioen in die Wêreldbeker-halfeindronde sedert Brasilië in 1998 is kom nou teen Argentinië te staan wat laas in 1986 die trofee omhoog kon lig.
Die Argentynse kaptein Lionel Messi sal ook sy loopbaan op ’n hoogetpunt wil afsluit nadat die 35-jarige heel moontlik is sy laaste Wêreldbeker-toernooi sal speel en hopelik hul wendroogte kan verbreek nadat die legendariese Diego Maradona die wennerstrofee 36 jaar gelede in sy hande kon vashou.
Die eindstryd tussen Argentinië en Frankryk begin Sondag om 17:00 (SA Tyd).