SOKKER – Argentinië is deur na Sondag se eindstryd in die Wêreldbeker-toernooi in Katar nadat die Suid-Amerikaanse span lag-lag vir Kroasië met 3 – 0 uitgeskakel het in die 1ste halfeindronde wedstryd.

Kroasië het Argentinie egter in die 1ste helfte onder druk gehad en die aanval na die ander geloods maar dit was die einste Lionel Messi wat sy span laat voorloop het in die 32ste minuut toe hy vanaf die strafkol die bal verby die Kroasiese doelwagter Dominik Livakovic geplaas het.

Julian Alvarez het vyf minute later met ’n stukkie briljantheid drie verdedigers geklop en weer die bal verby Livakovic met ’n parmantige steekskoppie geplaas. In die 68ste minuut was die Messi / Alvarez kombinasie weer terug en het met die 3de doel die oorwinning vir hul span verseker.

In die 2de halfeindronde wedstryd pak die verdedigende kampioen Frankryk die span van Marokko later vanaand om 21:00 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×