Die Engelse Premierliga klubs, Liverpool en Arsenal, kon vorder na die halfeindrondes van die Ligabeker toernooi na naelskraap oorwinnings Woensdagaand.

Liverpool het by die St. Mary’s-stadion teen Southampton gespeel, en het met 2-1 geseëvier.

Arsenal het intussen gasheer gespeel vir Crystal Palace, en kon ‘n 1-0 agterstand omkeer om uiteindelik met 3-2 te wen.

Al drie doele kom van Gabriel Jesus, en dit neem sy totaal doele vir hierdie jaar na vyf.

Newcastle United kon ook vorder na die halfeindrondes, ná hulle vir Brentford met 3-1 kon afsien.

Daar is nog een wedstryd wat beslis moet word, en dit sal sien dat Man United by Tottenham gaan kuier vanaand om tienuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×