SOKKER – Atletico Madrid het ook gisteraand teruggeveg in ’n spannende wedstryd teen Celtic in die UEFA Kampioenskaps-sokkerliga.

Kyogo Furuhashi het eerste die doelhok na slegs 4 minute se spel vir Celtic gevind. Atletico het toe met ’n strafdoel sake  gelyk deur Antoine Griezmann maar Luis Palma het 3 minute later weer die Bhoys laat voorloop met ’n skitter kopdoel.

Madrid het sake gelyk getrek in die 53ste minuut en het dit so gebly alhoewel die Spaanse span in die laaste paar minute met 10 spelers moes klaarkom nadat Rodrigo de Paul ook met ‘n 2de geel kaart van die veld af gestuur is weens kontak met Celtic se Paulo Bernardo.

Atletico is tans 2de op die punteleer terwyl Celtic die onderste plek beklee met slegs 1 punt na 3 wedstryde.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×