SOKKER – Australië se vroue sokkerspan het hul opmars in die Wêreldbeker-toernooi voortgesit toe hulle Denemarke in die laaste rondte van 16 gemaklik uitgestof het met ’n eindtelling van 2 – 0.
Die Matildas se Caitlin Foord het 1ste die doelhok gevind waarna die bykans 76 000 toeskouers tot in die 70ste minuut moes wag vir die beslissende doel waar Hayley Raso ook die agterkant van die net kon tref.
Die laaste 2 uitspeelrondtes word ook later vanoggend beslis waar Colombië teen Jamaika te staan sal kom terwyl Frankryk en Marokko ook kragte sal meet om te bepaal wie aanbeweeg na die kwarteindronde.