Thalente Mbatha het vir die tweede keer in vier dae van die plaasvervangersbank gekom om Bafana Bafana te red.
Die Suid-Afrikaners het teen Suid-Soedan te staan gekom in hulle reeks om te kwalifiseer vir ‘n plek in die Afrikanasiesbeker.
Sake was gelykop 2-elk voor Mbatha in die 95ste die wendoel aangeteken het vir drie broodnodige punte vir Bafana.
Mbatha het die afgelope Vrydag van die plaasvervanger bank gekom en ook ‘n doel in die 95ste minuut aangeteken om ‘n gelykop uitslag te red teen Uganda.
Bafana is nou tweede in Groep K, gelyk in punte met die voorlopers Uganda.