Bafana Bafana gaan moet wag tot November om moontlik ‘n plek in volgende jaar se Afrikanasies-toernooi vas te maak.
Dit kom ná hulle gisteraand in Brazzaville met 1-elk gelykop gespeel het teen die Kongo.
Die Kongo is dus steeds in bereik van Bafana in Groep K, met die Suid-Afrikaners op agt punte en die Kongo op vier met twee wedstryde wat nog beslis moet word.
Bafana sal op 11 en 19 November teen Uganda en Suid-Soedan te staan kom, en sal een van die twee wedstryde moet wen om te vorder na volgende jaar se Afrika sokker-skouspel.