SOKKER – Bafana Bafana het Zimbabwe in die 4de ronde van die Afrika Wêredlbeker-kwalifiseringswedstryd vir 2026 gemaklik Dinsdagaand in Bloemfontein geklop waar die nasionale span vir die 1ste keer weer na 14 jaar in die Rosestad gespeel het.
Iqraam Rayners het reeds in die 1ste minuut die doelhok gevind maar net ’n minuut later het Tawanda Chirewa sake weer gelyk getrek. Thapelo Morena het egter die wedstryd buite bereik van die besoekers geplaas nadat hy ‘n dubbelkuns behaal het in die 55ste en 76ste minuut.
In van die ander wedstryde het Tanzanië vir Zambië met 1 – 0 geklop , Burundi was met 3 – 1 baas oor die Seychelles terwyl Rwanda ook vir Lesotho met 1 – 0 kon uitstof.
*Die volgende ronde kwalifiserings wedstryde is geskeduleer vir die 17de Maart 2025.