Die Bafana Bafana legende Benni McCarthy gaan luidens berigte ‘n nuwe hoofstuk begin in sy loopbaan as die nuwe hoofafrigter van Kenia se nasionale span
Daar was reeds in Desember deur die Scottish Sun berig dat McCarthy die span se afrigter gaan word met ‘n amptelike aankondiging wat laat Januarie sou plaasvind.
IDiski Times het intussen berig dat 47-jarige die week na Nairobi sal reis om sy aanstelling te bevestig met Kenia se Sokker Federasie wat Vrydag die amptelike aankondiging gaan maak.