Die Bafana Bafana legende Benni McCarthy gaan luidens berigte ‘n nuwe hoofstuk begin in sy loopbaan as die hoofafrigter van Kenia se nasionale span.

Daar was reeds in Desember deur die Scottish Sun  berig dat McCarthy die span se afrigter gaan word met ‘n amptelike aankondiging wat laat Januarie sou plaasvind.

IDiski Times  het intussen berig dat die 47-jarige McCarthy die week na Nairobi sal reis om sy aanstelling te bevestig met Kenia se Sokker Federasie wat Vrydag die amptelike aankondiging gaan maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×