Die Suid-Afrikaanse mans sokkerspan sal moontlik vanjaar weer in die Moederstad in aksie wees.

Dit is deur die president van SAFA Kaapstad, Bennett Bailey, bevestig dat hulle gaan poog om Bafana Bafana weer vanjaar Kaap toe te neem.

Dit kom na die DHL-stadion verlede jaar November suksesvol was in hulle taak om Bafana en Suid-Soedan se Afrikabeker-kwalifisering stryd te huisves – en dit was ook Bafana se eerste wedstryd in die Moederstad in meer as ‘n dekade.

Daar het 54 000 mense diè wedstryd bygewoon waar Bafana kon spog met ‘n 3 – 0 oorwinning.

Volgens Bailey het hulle diè belangrike Wêreldbeker-kwalifiseringswedsryd teen Rwanda in Oktober geïdentifiseer as die een wat hulle in Groenpunt wil aanbied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×