SOKKER – Bafana Bafana het uiteindelik by die partytjie opgedaag en een van die gunstelinge by vanjaar se Afrikabeker-toernooi Marokko met 2 – 0 uitgeskakel.
Suid-Afrika se verdediging in die 1ste helfte was rotsvas terwyl die doelwagter en kaptein Ronwen Williams ook min werk gekry het.
Bafana het in die 57ste minuut na ’n doel van Evidence Makgopa die voortou geneem en na nog drama in beseringstyd toe Sofyan Amrabat met ‘n 2de geel kaart afgestuur is nadat hy Teboho Mokoena neergevel het, het diè einste Mokoena die vryskop net buite die doelgebied waargeneem en die bal oor die verdedigingsmuur gestuur vir ’n welverdiende sege.
*Suid-Afrika ontmoet nou die Kaap-Verdiese Eilande Saterdagaand om 22:00 (SA Tyd) in die kwarteindronde.