Bafana Bafana het Dinsdagaand gewys dat hy die Afrikanasies-beker titel in die oog het nadat hy Suid-Soedan in Kaapstad met 3 – 0 geklop het.
Iqraam Rayners het reeds in die sewende minuut die doelhok gevind waarna Patrick Maswanganyi dit 15 minute later 2 – 0 gemaak het. Teboko Mokoena het die oorwinning verseël met ’n strafskop in die 50ste minuut.
Bafana het bo-aan Groep K geëindig met vier oorwinnings uit ses wedstryde.
Die 35ste uitgawe van die Afrikanasiesbeker-toernooi skop op 21 Desember 2025 in Marokko af.