Die Suid-Afrikaanse vrouespan, Banyana Banyana, is oorgehaal om Denemarke Vrydagaand in Aalborg te pak, alhoewel van sy topspelers eers vir volgende week se stryd teen Engeland beskikbaar sal wees.

Volgens Desiree Ellis – die span se hoofafrigter – sal hulle ondanks dié terugslag fokus op die wedstryd wat nou op hande is teen een van die wêreld se topspanne.

Banyana is tans die Afrikabeker-kampioen nadat hulle Marokko in 2022 geklop het, en hulle sal in die kragmeting teen die Red and White  wil wys dat hulle nie sommer maklik van die silwerware gaan afstand doen nie.

Die wedstryd skop om 18:00 af.

*Banyana Banyana se naasbestes sal ook later vanmiddag teen Eswatini in Gqeberha in ’n Cosafabeker-wedstryd uitstap, wat om 15:00 begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×