SOKKER – Suid-Afrika se vroue sokker span het ook in hul openingdwedstryd van die Wêreldbeker vasgeval toe Swede hulle met 2 – 1 geklop het.
Alhoewel Swede 69% van die besit gehad het was dit Banyana Banyana se Hildah Magaia wat 1ste die doelhok gevind het in die 48ste minuut. Daarna het Fridolina Rolfö sake gelykop gemaak 17 minute later.
Dit was toe Amanda Ilestedt wat die S.A. ondersteuners se harte gebreek het toe sy in die 90ste minuut die geeltruie se oorwinning met ‘n kopdoel verseël.
Die Banyana speel eerskomende Vrydag teen Argentinië in hul volgende groep wedstryd.