SOKKER – Suid-Afrika se vroue sokkerspan is ook gereed om die VSA in 2 vriendskaplike wedstryde die stryd aan te sê.
Banyana se afrigter Desiree Ellis is vol vertroue dat haar span goeie rekenskap van hulself sal gee na die onlangse spogvertoning by die Wêreldbeker-toernooi in Australië.
Die VSA wat tot voor diè wêreld skouspel nommer 1 op FIFA se ranglys was sal egter die besoekers wat tans 45ste in die wêreld is harde bene wil laat kou aangesien die Amerikaners nie aan die verwagtinge in die Wêreldbeker-toernooi voldoen het nie.
Banyana speel die 1ste wedstryd Donderdag in Cincinnati en dan 3 dae later in Chicago en sal die Yankees wil wys dat hul vertoning in die Wêreldbeker geen gelukskoot was nie