Sokker-ondersteuners van Bloemfontein is beloon met die eindstryd van die Carlingbeker-uitklopreeks weens goeie bywoningsyfers onlangs in die Rosestad.

Duisende ondersteuners het op die Toyota-stadion toegesak toe Bafana Bafana en Zimbawe kragte gemeet het vir ’n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd.

Verlede maand was daar ook ’n groot skare wat hul opwagting gemaak het vir die Cufabeker-wedstryd tussen die Vrystaatse span Marumo Gallants en Kaizer Chiefs.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) sal op ’n latere stadium die datum en afskoptyd vir die eindstryd van die Carlingbeker-uitklopreeks bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×