SOKKER – Suid-Afrikaanse sokker ondersteuners het asem opgehou toe Banyana Banyana vroeër vanoggend in ’n riller-wedstryd teen Italië gewikkel was maar vasgebyt om met 3 – 2 ’n roemryke sege te behaal.
Italië was binne 11 minute spel met 1 – 0 voor waarna Benedetta Orsi haar eie doelwagter geflous het en Banyana in die 32ste minuut op die telbord geplaas het.
Daarna het albei spanne weer doele aangeteken maar dit was Thembi Kgatlana wat Suid-Afrika se heldin was met die wendoel in die 92ste minuut.
In die ander kragmeting vandag het Swede ook met die gevaarlike Argentinië afgereken met ’n eindtelling van 2 – 0.