Die kaptein van Manchester United, Bruno Fernandes, het verskoning gevra vir sy afgedankte afrigter, Erik ten Hag.
Ten Hag is verlede week deur die Engelse Premierliga klub in die pad gesteek, en volgens Fernandes het hy hom gebel om namens die span jammer te sê.
Ten Hag het twee trofees vir die klub gewen in die twee seisoene by Man United, die FA-beker en Liga-beker, maar die klub het die veertiende plek beklee op die Premierliga punte leer toe hy afgedank is.
Volgens Fernandes, as ‘n afrigter afgedank word, moet jy as speler ook skuld kan beken.