Celtic se UEFA Kampioeneliga droom het by die Allianz-arena tot ’n einde gekom nadat Bayern Munich ‘n dramatiese algehele oorwinning van 3 – 2 verseël het met ‘n doel in die 94ste  minuut.

Nicolas Kuhn het vir Celtic hoop gegee om te vorder na die ronde van 16 ná hulle die eerste been wedstryd met 2 – 1 verloor het met ‘n doel in die 63ste  minuut wat die algehele telling gelyk getrek het.

Ondanks ‘n uitstekende vertoning van Celtic se doelwagter Kasper Schmeichel is die Skotse kampioene se harte gebreek in die laaste sekondes deur Alphonso Davies.

Intussen is Monaco, Atalanta en AC Milan se veldtog ook iets van die verlede terwyl Benfica, Club Brugge en Feyenoord aan beweeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×