Die uitvoerende hoof van die Engelse Premierliga span Chelsea, Chris Jurasek, het sy pos na net ‘n jaar by die Suid-Londen klub verlaat en word nou deur Jason Gannon vervang.

Volgens Jurasek het hy sy taak voltooi om ‘n span op die veld en agter die skerms te bou en in ‘n goeie posisie geplaas om suksesvol te wees in die langtermyn.

Chelsea beklee na drie wedstryde in die Premier Liga die elfde plek op die puntetabel en reis volgende naweek na die Vitality Stadion waar die Blues teen Bournemouth sal uitdraf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×