Die voorspeler van die Engelse Premierliga klub Chelsea, Mykhailo Mudryk is voorlopig geskors.

Dit kom na die Oekraïnse speler ‘n toets vir verbode middels gedop het.

Volgens Chelsea, het die Engelse Sokker vereniging die 23-jarige gekontak oor die bevindinge en hy sal weer getoets word.

Sou Mudryk skuldig bevind word van verbode middels met opset inneem, kan hy vir tot vier jaar geskors word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×