Die vakbondfederasie Cosatu moedig lede van die publiek aan om Bafana Bafana te ondersteun in hul wedstryd teen Suid-Soedan vandag.

Die nasionale sokkerspan sal sy laaste Afrikabeker 2025-kwalifiserendewedstryd by die Kaapstad-stadion speel.

Dit sal die eerste wedstryd by die stadion vir Bafana Bafana sedert 2015 wees.

Bafana het reeds vir volgende jaar se kontinentale byeenkoms gekwalifiseer.

Cosatu se sekretaris in die Wes-Kaap, Malvern de Bruyn, moedig werkgewers aan om werkers vroeg af te gee vandag sodat hulle die wedstryd kan bywoon of kyk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×