Crystal Palace is deur na die vyfde ronde van die FA-beker na hulle Maandagaand op die Eco-Power-stadion vir Doncaster Rovers met 2-0 verslaan het.
Diè oorwinning kom danksy doele van Daniel Munoz en Justin Devenny aan beide kante van rustyd.
Ronde vier kom ook Dinsdagaand tot ’n einde met Nottingham Forrest wat teen Exeter City gaan meeding.
Intussen is die loting vir die vyfde ronde gefinaliseer wat op 1 Maart beslis sal word.
Man United sal gasheer speel vir Fulham , Aston Villa huisves vir Cardiff City , Brighton gaan kuier by Newcastle en Plymouth Argyle wat vir Liverpool oor die naweek uitgeskakel het pak Manchester City.