Amad Diallo het Donderdagaand tot die redding van Manchester United gekom in hul Engelse Premierliga kragmeting teen Southampton op Old Trafford.

Southampton het die voortou geneem net voor rustyd, danksy ‘n eie-doel van Manuel Ugarte, en dit het vir lank gelyk of die Saints Manchester sou verlaat met die volle pakkie drie punte.

‘n Driekuns van Diallo, United se middelveld speler, binne twaalf minute het die Red Devils van vernedering gered.

Diallo se eerste doel kom in die 82ste minuut, en sy derde in die 94ste.

Man United is steeds in die verkeerde kant van die punteleer, 12de met 26 punte – nege punte agter hul bure Man City in die sesde plek en 21 punte agter die voorlopers Liverpool.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×