Die Egiptiese sokker-reuse  Al Ahly het geweier om die veld teen Zamalek te neem en geëis dat buitelandse skeidsregters diè wedstryd behartig.

In plaas daarvan om na die Kaïro-stadion te gaan vir die geskeduleerde afskop het die span op die bus geklim vir ‘n oefen-sessie op hulle eie oefenterrein.

Die klub het die Egiptiese sokkervereniging van swak koördinasie beskuldig en daarop aangedring dat hulle eers sou speel sodra daar aan hul versoek vir neutrale amptenare voldoen is.

Ten spyte van die omstredenheid bly Al Ahly gefokus op hul komende Wêreldklubbeker-veldtog waar hulle Lionel Messi se Inter Miami op 14 Junie in die Verenigde State sal aandurf.

error: Inhoud is beskerm !!