Argentinië se Emiliano Martinez is by die Balon d’Or – toekennings in Parys as die beste doelwagter ter wêreld aangekondig.

Dit was die tweede agtereenvolgende jaar dat die Aston Villa-doelwagter die toekenning gewen het.

Suid-Afrika se Rowen Williams het in die negende posisie gekom nadat hy vir die eerste keer vir die toekenning genomineer is.

Williams is ná uitstekende vertonings vir beide sy klub, Mamelodi Sundowns, en sy nasionale span, Bafana Bafana, vir diè toekenning genomineer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×