SOKKER – Engeland moes diep delf om Sondagaand sy Euro2024  veldtog op ’n wennoot teen Serwië af te skop in Groep C.

’n Kopskoot deur Jude Bellingham in die 13de minuut het verseker dat die Teedrinkers sy 1ste  3 punte in Gelsenkirchen,  Duitsland  kon insamel.

Die span se kaptein Harry Kane het met 18 minute se speeltyd oor byna die voorsprong nog verder gerek maar Serwië se doelwagter Pedrag Rajkovic het hand bygekry waar die dwarslat die res gedoen het.

*Engeland sal hul voorbereiding definitief diè week opskerp wanneer hulle die onvoorspelbare Denemarke Donderdagaand in Frankfurt  die stryd gaan aansê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×