SOKKER – Engeland het sy plek in die Euro 2024  eindstryd bespreek  na ‘n dramatiese einde Woensdagaand teen Nederland in Dortmund.

Die Oranje Holland  het na slegs 7 minute die voortou geneem met ’n doel deur Xavi Simons waarna Engeland se kaptein Harry Kane sake 11 minute later gelyk getrek het met ’n strafdoel.

Dit was egter die 3 Leeus  se Ollie Watkins wat in die 90ste minuut sy span met ’n briljante doelskop deurgesien het na Sondag se eindstryd teen Spanje  wat om 21:00 (SA Tyd) in Berlyn  afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×