Engeland se Sokkervereniging ondersoek tans bewerings dat ‘n skeidsregter ‘n speler ‘n geelkaart gegee het sodat sy vriend ‘n weddenskap kon wen.

Luidens ‘n berig in The Sun  het ‘n vriend van die skeidsregter David Coote voor ‘n wedstryd tussen Leeds en West Bromwich Albion in 2019 gesê dat hy ‘n spesifieke speler ‘n geel kaart moet wys sodat hy geld daarop kan wed.

Daardie speler Ezgjan Alioski was toe ‘n geel kaart gewys en Coote het na die wedstryd vir sy vriend ‘n boodskap gestuur waar hy gesê het dat hy hoop hy het die weddenskap gemaak.

Coote het diè bewerings verwerp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×