Nottingham Forrest het weer gelyk getrek met Arsenal, wat in die tweede plek staan op die Engelse Premierliga punteleer, ná hulle maandagaand vir Wolverhampton met 3-0 verslaan het.
Wolves het meer van die balbesit geniet en meer skote weg gekry as Nottingham Forrest, maar kon net nie vir doelwagter Matz Sels klop nie.
Forrest is gelyk op 40 punte met Arsenal, en ses punte agter die voorlopers Liverpool.
Hulle volgende wedstryd in die Premierliga is oor presies ‘n week, en hulle sal gasheer speel vir Liverpool.