SOKKER – Frankryk se vroue sokkerspan het maalvleis van Marokko gemaak om hul plek in die laaste rondte van 8 te bespreek met ’n klinkende sege van 4 – 0.
Die Blues het na 23 minute se spel die span van Noord-Afrika reeds uit die prentjie gehaal en ’n voorsprong van 3 doele opgebou. Die Franse ontmoet die een gasheerland Australië nou volgende in die kwarteindronde.
Colombië het ook vir die 1ste keer in sy geskiedenis vir die laaste 8 te kwalifiseer toe hy Jamaika met 1 – 0 kon uitoorlê en sal nou teen een van die toernooi gunstelinge Engeland te staan kom.