SOKKER – Frankryk se o.17 sokkerspan het ook sy plek in die WB-eindstryd  wat in Indonesië plaasvind  bespreek na die jong Les Blues vir Mali met 2 – 1 kon uitstof. Dit was ook die enigste doel wat die span tot dusver in die toernooi afgestaan het.

In die ander halfeindronde het Duitsland ook deurgedring na die eindstryd nadat hy Argentiniè met 4 – 2 deur middel van strafdoele kon uitskakel.

Frankryk sal ook mik na ‘n 2de titel nadat hy laas in 2001 die trofee omhoog kon lig.

*Die eindstryd word  Saterdag in Surakarta beslis.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×