Die verdedigende FA Beker-kampioen Manchester United se droom het aan geskerwe gespat op hul tuisveld Old Trafford nadat Fulham die Rooi Duiwels met ‘n 4 – 3 strafdoel-telling uit die kompetisie geskop het.
United het verslaan gelyk nadat hulle ‘n doel baie laat in die eerste helfte afgestaan het maar kaptein Bruno Fernandes het egter weer hoop gebring gebring met ‘n gelykmaker in die tweede helfte.
Met die uitskop-stryd kon United se Joshua Zirkzee nie vir Bernd Leno flous nie nadat die Cottagers se doelwagter links geduik het om die bal uit die agterkant van die doelhok te kon hou.