SOKKER – In een van die grootste opskuddings in die die geskiedenis van die FA Cup het Grimsby Town die haas onmoontlike vermag en die Premierliga-span Southampton geklop en sodoende vir die 1ste keer in 84 jaar die kwarteindronde van diè elite reeks gehaal.
Grimsby Town wat in die 4de liga speel se meer as 4000 ondersteuners het die lang reis na die verre suide van Engeland onderneem en was in ekstase toe hul doelskieter Gavan Holohan met 2 strafdoele in die kol was en die span laat deurdring het na die laaste ronde van 8.
Grimsby – wat ook bekend staan as die “Haddocks” – sal nou teen nog ’n Premierliga span Brighton & Hove Albion oftewel die “Seagulls” te staan kom.
Grimsby Town is slegs die 6de span uit die 4de of ’n laer liga wat vir die FA Cup kwarteindronde kon kwalifiseer sedert die 1958-’59 seisoen.