SOKKER – Portugal en België het hul kans om die laaste ronde van 16 in die Euro 2024 – reeks lewendig gehou met hulle onderskeie oorwinnings oor Turkye en Roemenië die afgelope naweek.
Portugal wat diè titel in 2016 gewen het was met 3 – 0 baas oor Turkye terwyl Roemenië met 0 – 2 teen die Belge vasgeval het.
Die kragmetings tussen Georgië en die Tsjeggiese Republiek sowel as Switserland en Duitsland was gelykop met 1 elk terwyl Hongarye die Skotte uitoorlê het met 1 – 0.
*Albanië sal ook sy stem wil dik maak wanneer hy Maandagaand teen Spanje te staan kom terwyl Italië vir Kroasië ore gaan probeer aansit met diè kragmetings wat om 21:00 afskop.