SOKKER  –  Die Forrest Green Rovers se Hannah Dingley het ook geskiedenis gemaak deur as die 1ste vroulike bestuurder aangestel  te word van ’n professionele mans sokkerspan in Engeland.

Dingley neem die leisels by Duncan Ferguson oor wat slegs 6 maande aan die stuur van sake was by die klub wat verlede seisoen vanuit League One gerelegeer is.

Diè 39-jarige Dingley het voorheen die vroue spanne van Nottingham Forest , Leicester City en Lincoln afgerig en volgens die klub se voorsitter Dale Vince was Hannah ‘n natuurlike keuse gewees en ook hiermee  ’n nuwe era van professionele sokker ingelei waar vroue op grond van meriete ’n bestuurspos kan vul.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×