Die Engelse sokkerster, Harry Kane, het ‘n droom wedstryd teen Finland op Wembley gehad.
Kane het sy 100ste wedstryd vir sy land gespeel – en kon twee keer die agter kant van die doel vind.
Kane het die derde speler geword om ‘n doel aan te teken in sy 100ste wedstryd – na Wayne Rooney en Bobby Charlton – en word die eerste om twee aan te teken.
Die 2-0 oorwinning los die Engelse tweede in Groep 2 in die UEFA Nasiesliga en hulle sal op 10 Oktober teen voorlopers Griekeland te staan kom.
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×