Die doelskieter, Harry Kane, gaan Dinsdagaand die tiende speler word om 100 wedstryde vir Engeland te speel.
Die 31-jarige sal hom aansluit by ‘n indrukwekkende groep wat David Beckham, Steven Gerrard, Frank Lampard, Wayne Rooney en Bobby Charlton insluit.
Kane het in 2015 sy debuut vir Engeland gemaak en 66 keer die agter kant van die doel gevind.
Die Engelse kom om kwart voor nege teen Finland te staan in hulle UEFA Nasiesliga kragmeting op Wembley-stadion.