Davide Frattesi het Inter Milan se plek in die Kampioeneliga-eindstryd vasgemaak met ‘n skitter doel in die 99ste  minuut vir ‘n dramatiese 4 – 3 oorwinning  oor Barcelona.

Die Italiaanse middelveldspeler het die doelhok gevind ná briljante werk van Marcus Thuram wat hul ondersteuners by ‘n reëndeurdrenkte San Siro die dak laat sien lig het.

Inter  wie se plaaslike hoop op ‘n titel begin vervaag het, het teruggeveg met laat doele van Francesco Acerbi in die 93ste minuut nadat Raphinha ses minute vroeër Yann Sommer op die verkeerde voet betrap het.

Diè Sweedse doelwagter was egter suksesvol met ‘n verskeie reddingpogings, insluitend een in die 113de minuut en sy span só help deursien het na hul tweede Kampioeneliga-eindstryd in drie seisoene.

error: Inhoud is beskerm !!