SOKKER – Met die wêreldbeker toernooi wat volstoom aan die gang is in Katar was daar nog ‘n groot opskudding en hierdie keer was dit Japan wat ‘n puik vertoning gelewer het toe hulle Duitsland ‘n 4-malige kampioen gister verslaan het met ‘n telling van 2 – 1.

Die Duitsers het die eerste 45 minute in hul Groep E wedstryd oorheers wat in Doha gespeel is. Japan wat in die eerste helfte ook omtrent nooit aan die bal kon raak nie het stelselmatig teruggeveg waar Duitsland ook nie sy greep op die wedstryd ten volle kon hou nie.

Japan kon eers in die 74ste minuut met die gelykmaker antwoord en 8 minute later het nog ‘n plaasvervanger Takuma Asano die bal op ‘n skitter wyse binne-in die Duitse doelhok gekry.

Beide spanne is weer Sondag in aksie waar Japan teen Costa Rica speel en Duitsland sal hul staal teen die Spanjaarde moet toon. Indien die ondenkbare gebeur en die Duitsers val vas teen die La Furia Roja sal dit die 2de agtereenvolgende wêreldbeker toernooi wees waar die 2014 kampioen in die groepfase uitgeskakel sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×