Die Kaizer Chiefs se afrigter, Nasreddine Nabi, het weer ‘n beroep op die klub se ondersteuners gedoen om geduldig te wees.
Die Tunisiër het die naweek gesien hoe sy span swig voor hul tweede liga-nederlaag toe hulle een-nul teen Supersport United verloor het.
Nabi is aan die begin van die seisoen gehuur om die eens gevreesde Kaizer Chiefs te help herleef.
Hy het die span se ondersteuners gewaarsku dat dit tyd sal neem om die glorie waaraan hulle eens gewoond was, terug te bring.
Die Chiefs speel Woensdag hul volgende wedstryd teen die nuwelinge van die Premier Sokkerliga, Magesi Football Club.