Manchester United en Atletico Madrid se legendariese doelskieter Diego Forlan het op 45-jarige ouderdom sy sokkerstewels vir ’n tennisraket verruil.

Die Uruguaanse superster was by die bekendstelling van die Uruguay-Ope waar hy volgende week sy buiging op die baan gaan maak.

Forlan sal saam met Federico Coria – broer van die Argentynse Davisbeker-kaptein Guillermo Coria – in aksie wees waar diè toernooi tussen 11 – 17 November in Montevideo beslis sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×