Die Suid-Amerikaanse sokker-ster Darwin Nunez se tyd by Liverpool kan dalk binnekort tot ‘n einde toe kom.
Luidens berigte is die Merseyside-klub bereid om ‘n aanbod van tussen £50- en £60 miljoen te aanvaar vir die 25-jarige Nunez.
Intussen is daar ook gerigte dat AC Milan die dienste van Manchester United se Marcus Rashford wil bekom.
Diè 27-jarige Engelse doelskieter kan die skuif maak op ‘n leen ooreenkoms.
Klubs in die Engelse Premierliga kan tans spelers koop en verkoop met diè transaksie tydperk wat op 3 Februarie tot ‘n einde toe kom.