Die voormalige afrigter van Liverpool, Jurgen Klopp, is aangestel in ‘n hoë pos by Red Bull en sal die hoof van sokker verwante operasies by diè energie drankie maatskappy wees.

Red Bull besit drie klubs naamlik Leipzig, Salzburg en New York.

Luidens ‘n verklaring van Red Bull sal Klopp nie inmeng in dag-tot-dag besigheid by klubs nie maar sal in beheer wees van strategie op ‘n hoër vlak.

Klopp het intussen gesê dat hy homself sal beskou as ‘n mentor vir die afrigters, bestuur en personeel by die Red Bull klubs.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×