Met een oog op die Engelse Premierliga-titel sal Liverpool vanaf volgende seisoen weer met ’n nuwe klereborg kan pronk.

Die Reds, wat die afgelope vyf seisoene deur Nike geborg was, het ’n nuwe vyfjaar-ooreenkoms met Adidas beklink – wat meer as £60 miljoen per jaar beloop.

Behalwe vir die finansiële inspuiting is die prestige klub reeds 15 ligapunte voor sy naaste teenstander Arsenal en op koers om die Premierliga-titel weereens in te palm.

Die Reds se volgende wedstryd is eers weer op 2 April wanneer hulle Everton op Anfield pak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×