Liverpool het hulle stormlopie na die Engelse Premierliga titel voortgesit na hulle oor die naweek vir Ipswich Town met 4-1 verslaan het op Anfield.
Hulle voorsprong oor Arsenal is ses punte, met Gunners wat hulself in die resies hou in ‘n 1-0 wen oor Wolverhampton.
Manchester City is weer in die vierde plek, na hulle vir Chelsea met 3-1 geklop het en is drie punte agter Nottingham Forrest, wat derde lê, na hulle met 5-0 verslaan is deur Bournemouth.
Manchester United kon uiteindelik weer op die wenpad kom in die Premierliga, net ‘n 1-0 wen oor Fulham.