Liverpool het hulle voorsprong oor Arsenal vergroot bo-aan die Engelse Premierliga punteleer na hulle vir Newcastle gemaklik afgesien het en die Gunners gelykop gespeel het met Nottingham Forrest.

Doele van Dominik Szoboszlai en Alexis Mac Allister het vir Liverpool die drie punte verdien met ‘n 2 – 0 uitslag op Anfield.

Arsenal het ‘n verbeterde vertoning ingesit in vergelyking met hulle 1-0 nederlaag teen West Ham oor die naweek en alhoewel hulle 65% van die balbesit geniet het kon hulle net nie Forrest se verdediging oopbreek nie.

Die Reds het een hand op die titel met geen span in die geskiedenis van die Engelse Premierliga sedert 1888/89 wat nié die titel kon verower  het ná hulle reeds sover in die toernooi voor was nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×